Môreson United Dominoklub van Robertson het op 9 Julie ’n karaoke-kompetisie gehou by die Cosy Cove-klub in die dorp. Die Dominoklub wil die beoordelaars bedank wat vanaf Worcester gery het. Die wenner was Habrey Philander, en die tweede plek het gegaan aan Ashwin Williams, terwyl Brenda Matthys derde plek behaal het. Van links is Williams (deelnemer) Philander (deelnemer), Martha Demas (Môreson United dominoklub se organiseerder), Deane Slingers (mej. Super Phenomenal Worcester 2022 en ’n beoordelaar), Alexa Thomas (beoordelaar), Joslyn du Toit (beoordelaar) en Brenda Matthys (mej. Boland asook ’n deelnemer).

Credit: SYSTEM

Dominoklub se karaoke-aand ’n sukses

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article