Met die winterweer wat net-net die kop begin uitsteek, is dit weer tyd vir ’n sop of twee. Beproef gerus hierdie vinnige resep – dit werk ook goed met oorskiet-hoender-witvleis.
Bestanddele
Spuitolie of kookolie van jou keuse
300 g hoenderfilette
5 sprietuie, in repies gesny
2 teelepels gemaalde gemmer
’n knippie rooipeper
1½ liter (6 koppies) hoenderaftreksel
400 g blikkie geroomde mielies
2 eetlepels vars pietersielie
Metode
Spuit ’n kleefvrye braaipan met olie of smeer met kookolie en verhit. Braai die hoender vir 5 minute, draai gereeld om, of tot ligbruin en gaar.
Koel af, sny in fyn skywe en hou eenkant.
Verhit nog ’n bietjie kookolie of spuitolie in ’n groot kastrol.
Voeg die sprietuie by en kook oor matige hitte vir twee minute of totdat die uitjies sag is.
Voeg die gemmer en rooipeper by en kook, en aan te hou roer vir nog een minuut.
Voeg die aftreksel, mielies en gaar hoender by die kastrol.
Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir vyf minute.
Roer die pietersielie by net voordat die sop opgeskep word.
Sit onmiddellik voor.




