Dirkie Bester (35) van Moorreesburg het van 17 tot 19 November aan die Special Olympics South Africa se Somerspele, wat in Polokwane, Limpopo, gehou is, deelgeneem.

Bester swem al van elfjarige ouderdom af en het nou die eerste keer in ’n groot kompetisie goud gewen. Sy uitslae was as volg: goud in 100 m-vlinderslag, silwer in 200 m-borsslag en brons in 100 m-borsslag. Hy was ook lid van die Wes-Kaapse vryslag-span, wat goud gewen het.

Bester is daarby ’n kranige atleet, met sy beste tyd in ’n halfmarathon ’n netjiese een uur en 28 minute. Hy neem ook gereeld aan die Malmesbury-Parkrun deel, waar almal vir hom soos familie voel. Sy beste Parkun-tyd tot nou is 18 min. 58 sekondes.

Die prestasies kom danksy harde werk, wat minstens twaalf oefensessies weekliks insluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article