Die Herberg-kinderhuis huisves 122 sorgbehoewende kinders van babas tot 18 jaar oud.

Gedurende die Desember- en Januarie-vakansie is daar kinders wat nie ’n ander heenkome vir die feestyd het nie en by die kinderhuis moet aanbly. Die kinderhuis wil dié kinders graag bederf en hulle spesiaal laat voel – veral omdat dit ’n tyd is wat families saam tyd deurbring. Die gemis na familie is vir hierdie kinders nog groter.

Deur R50, R100 of enige ander bedrag te skenk, kan jy ’n liggie in hierdie kinders se lewe wees en ’n verskil maak. Dit is die Herberg-kinderhuis se Kersliggie-projek. Die geld word aangewend om die kinders gedurende die vakansie spesiaal te laat voel.

Vir meer inligting asook die rekeningnommer, kontak Petro Uren per e-posby petro@herberg.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article