Die Campbells is op 27 Junie by die Golden Valley Winners Action Bar in Worcester te sien.

Klop die winterkoue met ’n vertoning deur Die Cambells, wat belowe om die voete te laat jeuk.

Dié gewilde duo sal op 27 Junie by die Golden Valley Winners Action Bar in Worcester optree.

Op die spyskaart sal verskeie van hul ou treffers, sowel as ’n paar nuwes, wees, wat Die Cambells die afgelope 13 jaar gewild gemaak het.

Die twee broers, Tony en Harry, het van ’n jong ouderdom ’n verskeidenheid instrumente bespeel. Hulle het die plaaslike musiekbe-dryf met ’n slag getref met die bekendstelling van hul treffer Rooi Rok Bokkie. Verskeie treffers en DVD’s later het dié duo, wat reeds meer as ’n miljoen albums verkoop het, volksbesit gemaak. Hul album Mamma Mia het hulle in 2010 ’n SAMA-toekenning in die kategorie Beste Sokkie Dansalbum besorg.

Kaartjies vir die vertoning kos R100 stuk en is by die Golden Valley Cash Desk beskikbaar. Die vertoning begin om 21:00

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article