Die Darling-krieketspan

Darling bly bo, behou hoop op BSLT20-eindronde


Die Boland-krietunie se 2026-’27­-krieketseisoen is nou in volle gang nadat die kwalifiserende kompetisie vir die Boland-­Superliga (BSLT20) op 10 Oktober amptelik afgeskop het.

Die Swartland-spanne – Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Porterville en Hopefield – het mekaar in Groep-E-BSLT20-wedstryde op die Gene Louw-sportterrein in Moorreesburg gepak. Die wenners van dié ses groepe speel later in nog twee ­kwalifiserende wedstryde (op 28 November en 5 Desember) teen mekaar vir die vier oorblywende posisies wat saam met die Premierliga-spanne om die 2026-BSLT20-titel meeding.

Darling en Moorreesburg het mekaar in die eerste twee wedstryde van die oggend gepak, waarna Malmesbury en Porterville kragte gemeet het. Moorreesburg was vroeg in die moeilik­heid met die telling op 16 toe hy sy eerste paaltjie verloor nadat Basil George vir H. Morris in die tweede boulbeurt been voor paaltjie (bvp) betrap het. Met die telling op 44/4 was Moorreesburg verder in die moeilikheid en toe Darling se kaptein, Jevon Cloete, sy nuwe aanwins, Kurt Cloete, tot die aanval bring, het hy onmiddellik toegeslaan toe hy J. Marcus bvp betrap het.

Moorreesburg was gou terug in die pa­wiljoen – almal uit vir 61/10 – nadat Julius met sy tweede aflewering in die 16de boulbeurt J. Oktober ook bvp betrap en twee balle later D. Beukes vir 4 lopies geboul en Moorreesburg se beurt beëindig het.

Darling se beurt het rampspoedig begin toe Abraham Henkelman met sy telling op 5 deur Cheslin Adams (6/2) bvp betrap is en Sergio Thomas op 4 deur Hannes Morris van Keewan Titus se boulwerk op 9/3 uitgevang is. Basil George is met twee lopies in die vyfde boulbeurt deur Adams van Luwatlin Engelbrecht se boulwerk uitgevang op 13 en vier lopies later met die telling op 17 is Giovanni Hulley vir drie deur Cecil Adams geboul. Dinge het nie goed gelyk vir Darling nie, maar Julius en Sergio Rooms het tot hul span se redding gekom en die telling na 62/4 geneem. ­Julius, ‘n oud Baggy Blues-speler van Atlantis en wat in sy eerste BSLT20-wedstryd vir Darling gespeel het, het uit die staanspoor sy ervaring gewys toe hy die wenlopies van Dustin Solomos se laaste bal van die 13de boulbeurt gemoker het.

Koringboere sukkel ook

Die Koringboere het nie ‘n goeie begin teen Hopefield Wanderes in hul openings­wedstryd gehad nie. Hulle het die loot verloor en is deur Hopefield gevra om te boul. Hopefield het ‘n goeie telling van 170/3 in sy toegelate 20 boulbeurte opgestel en die Koringboere se boulers behoorlik laat les opsê. Die Koringboere se kolwers kon egter nie die mas teen Hopefield se bou­lers opkom nie en is tot 91/9 in hul toegelate 20 boulbeurte beperk, wat Hopefield ‘n oorwinning van 79 lopies besorg het.

In die tweede wedstryd het hulle die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Bently Pieters en Carlo Solomons het Porterville se boulers van die eerste bal af gestraf. Die twee het ‘n vennootskap van 147 lopies vir die eerste paaltjie opgestel. Pieters het ook die eerste honderdstal van die dag behaal – van net 50 balle (11 viere en ses sesse).

Carlo Solomons en Llewellyn Koopman het onoorwonne beurte behaal. Solomons se beurt van 59 het uit 36 balle, vyf viere en twee groot sesse bestaan, terwyl Koopman se beurt van 33 van 13 balle behaal is en vier viere en twee reusesesse ingesluit het.

Marlow van Wyk en Randall Welkom was die Koringboere se beste boulers en het Porterville vanaf die eerste bal onder druk geplaas. Van Wyk het in sy drie boulbeurte 25 lopies afgestaan en vier paaltjies teen ‘n ekonomiese gemiddelde van 8,3 per boulbeurt platgetrek. Welkom het in sy twee beurte net sewe lopies afgestaan en twee paaltjies ingeoes.

Sondag het hulle teen Moorreesburg te staan gekom, wat promosie gekry het na die Boland-­Wes-50-Promosieliga. Hulle het egter die loot verloor en is deur Moorreesburg ingestuur om eerste te kolf. Llewellyn Koopman was die beste kolwer met 37. Toe hy uit is, het die paaltjies getuimel en die Koringboere is in 17.2 boulbeurte vir ‘n skamele 81 uitge­boender. Keewan Titus (47) en Hannes Morris (31) het die teiken van 82 sonder die verlies van ‘n paaltjie afgeslaan en Moorreesburg het met 10 paaltjies ge­wen. Hoewel Moorreesburg teen Darling, die 2025-’26-Boland-Wes-50-promosieliga- en die T20-kampioen, vasgeval het, het hy Saterdag met Porterville en Hopefield afgereken. Hy het sy beste vir Sondag gehou en die Koringboere ­met 10 paaltjies gelooi en ná Darling tweede geëindig.

In die laaste wedstryd van die dag het die twee buurmanne Darling en Malmesbury mekaar gepak. Die Melkboere het die loot gewen en die Koringboere ingestuur om te kolf. Llewellyn Koopman het die hoogste telling van 21 behaal. Die Koringboere is tot ‘n skamele 63/9 in hul toegelate 20 boulbeurte beperk. Kurt Julius was weer eens die uitstaande bouler van die Melkboere met ‘n ontleding van 4-0-13-3 en twee briljante uithardloop-suksesse van Sergio Rooms en Fearnwill Solomons, wat die verloop van die wedstryd geswaai het.

Abraham Henkelman (19) en Basil George (40) het die teiken van 63 in 4.5 boulbeurte verbygesteek sonder die verlies van ‘n paaltjie toe George die wenlopies van ‘n wydloper deur die dekveld ­gemoker met ‘n grenshou om die beurt op 65 te beëindig. Met die oorwinning het Darling seker gemaak hy wen Groep E en dring deur na die uitspele op 28 November en 5 Desember, wat die finale spanne vir die BSLT20-eindronde sal aandui.

LEES OOK: Wêreldbeker-krieket volgende jaar in Paarl gespeel

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article