Die Malmesbury-tak van Case IH het die afgelope Vrydagaand al hul kliënte, personeel en gaste gedurende ’n spoggeleentheid by die Eensgezind-onthaallokaal buite Durbanville behoorlik bederf.
Volgens die takbestuurder, Sandy van Dyk, het Case IH besef dat 2023 nie ’n maklike jaar vir hul produsente of personeel was nie weens onder meer onwelkome weerstoestande, verhoogde inset- en produksiekostes en ’n afname in kommoditeitspryse. Van Dyk het sy personeel vir hul harde werk, deursettingsvermoë en volharding ten spyte van die uitdagings wat ervaar is, bedank. Hy het ook hul klante vir hul geduld, vriendelikheid en lojaliteit bedank. “Dit is wat maak dat ons ’n Case-familie in die Swartland is.
“Case IH het verlede jaar reusespronge geneem en ondanks al die uitdagings steeds gegroei. Baie dankie aan almal.”
Haumann en Hesta Brink van die plaas De Gift (Riebeek-Wes) kuier saam by Case IH Malmesbury se bederfgeleentheid.
Dirkie en Marelize Herholdt van die plaas Goedeontmoeting kom by Case IH se geselligheid aan.
Stephan Nel, besturende direkteur van Case IH, bedank hul klante, gaste en werknemers gedurende die spoggeleentheid by Eensgezind.
Johny en Katie Janse van Rensburg van die plaas De Goede Hoop (Wellington) geniet ’n soetigheid ná ’n heerlike hoofgereg.
Helene Mostert van die plaas Dasvlei (Philidelphia) kuier saam met haar swaer Nicol Mostert (Dasvlei), Junior en Carlene Herholdt (Uitkyk, Philidelphia) en Lize-Mari Herholdt van die plaas Goedeontmoeting (Philidelphia).
Chimene de Villiers (links), Case IH se hoof van bemarking en kommunikasie, het ’n Kaapse draai uit Case IH se hoofkantoor in Johannesburg kom maak saam met Case IH se Leona Vermaak (tweede van regs), hoof van kleinhandel, en die maatskappy se besturende direkteur Stephan Nel (regs). Tweede van links is Sandy van Dyk, takbestuurder van Case IH Malmesbury.Foto’s: Charlotte Lesch
Sandy van Dyk, takbestuurder van Case IH Malmesbury, verwelkom gaste.
Karlien Niemann geniet die gesellige geleentheid saam met gaste. Langs haar sit haar man, Tiaan. Hulle is van die plaas Oortmanspost.
Samantha de Kock, Fernanda Hamman en Marie de Kock geniet die geleentheid om ’n bietjie by Case IH Malmesbury se spoggeleentheid op te vang.
Deon Steyn en Carin Brink van die plaas Onverwags was van die gaste by die bederfgeleentheid wat Case IH Malmesbury aangebied het.
Sandy van Dyk, takbestuurder van Case IH Malmesbury, verwelkom gaste by die Eensgezind-onthaallokaal.
Stephan Nel, die besturende direkteur van Case IH, is dit eens dat baie uitdagings die afgelope paar jaar ervaar is.
“Ons het ’n visie om die onderneming vir die toekoms reg te skaaf om uiteindelik ’n beter en vinniger diens te kan lewer. Ons droom is om die beste diens in die land met ’n goeie bekostigbare produk te lewer.”
Klante wat die geleentheid bygewoon het, het saamgestem dat die personeel by Case IH se Malmesbury-tak gewis die ekstra myl gestap het om onder meer onderdele en implemente in die hande te kry vir hul behoeftes.