Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) het sy jaarlikse omgee-inisiatief vrygestel waar doeke vir volwassenes gratis aan verskeie dienssentrums verskaf word.
Hierdie inisiatief sluit in om dienssentrums vir bejaardes, skole, VKO-fasiliteite en organisasies wat na gestremde of siek mens omsien, van doeke te voorsien.
Die departement van gemeenskapsontwikkeling en beplanningsdienste het gedurende die huidige boekjaar 995 pakke doeke vir volwassenes binne die wynlanddistrik versprei met ’n spesifieke fokus op organisasies wat na gestremde of siek mense omsien.
“Hierdie projek is een van die waardevolste projekte van die KWDM en ons [die KWDM] voel bevoorreg om ’n klein verskil te maak met ’n projek wat versorging en waardigheid aan die kwesbare inwoners voorsien,” het Minnie Petersen, ’n wyksraadslid by die KWDM en portefeuljehouer vir landelike en maatskaplike ontwikkeling, gesê.





