Darling-buurtwag het verlede week 20 glimbaadjies ontvang, wat deur Sibathatu Mining, Nemesia Service Station, Darling Glass & Alluminium en P.O.R Rearing geborg is.
“Die Darling-buurtwag is regtig baie belangrik vir die polisie. Hulle gee snags hul warm beddens prys om patrolliediens te doen om die dorp veilig te hou.
“Hulle is waarlik die polisie se oë en ore.
“Die Darling-polisie wil ons opregte dank aan die buurtwag en die skenkers van die baadjies uitspreek,” sê sers. Johnatan Filander, ’n woordvoerder van die Darling-polisie.




