Leerders van Koranrug Primêre Skool wys hul bordjies ná die oorhandiging by dié skool.


As deel van ’n Burgemeestersprojek, het die burgemeester, Harold Cleophas, en die uitvoerende burgemeesters- komitee, met die hulp van borge wonderlike skryfbordjies vir Graad 1’s in die Swartland beskikbaar gemaak.

Die bordjies kan gebruik word om klastake op te doen en het handige wiskunde en meetkundeverwysings ook op. Dit is ’n baie basiese, maar baie nodige hulpmiddel wat kinders in die klaskamer en by die huis kan gebruik met die beginfase van hul “groot skool” loopbane.

Die bordjies se vervaardiging word moontlik gemaak deur bydraes van verskeie borge.

Die eerste stel bordjies is in die Darling-omgewing uitgedeel met die bydrae en steun van Darling Green Estate.

Die bordjies gaan by skole oral in die Swartland versprei word.

skryfbordjies

Leerders van Koranrug Primêre Skool wys hul bordjies ná die oorhandiging by dié skool.
skryfbordjies

Agter, van links: Harold Cleophas ( die uitvoerende burgemeester van die Swartland-munisipaliteit); Marinus Breedt (skoolhoof: Laerskool Darling); Olivia Fransman (senior bestuurder van strategiese dienste by die Swartland-munisipaliteit); Mary Gobel (Darling Green Country Estate); Liezl Wales (IDP/LED-beampte, Swartland-munisipaliteit) en Sebastian Lewis (Darling Green Country Estate. Voor: Sonja van Standen (Darling Green Country Estate); AK Warnick (burgemeesterskomiteelid en Darling Wyksraadslid) en Kirsten M’Chrystal (Darling Green Country Estate). Hierdie spesifieke stel bordjies is deur die Darling Green Country Estate geborg. Die ander word deur GCi en ABSA geborg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article