Charles Thompson, ’n leerder aan die Hoërskool Swartland in Malmesbury, het die afgelope week ’n draai by Laerskool Swartland gaan maak om gelukwense namens die hoërskool aan sy suster, Jeanne (links), oor te dra. Charles (15), wat reeds in graad 5 aan stapwedlope begin deelneem het, het onlangs ’n derde plek by die SA Skolekampioenskap vir die 10-km-stap-item (o. 17) in die Paarl losgestap. Jeanne (12), wat ook in graad 5 begin stap het, het op haar beurt op 25 Maart ’n bronsmedalje vir die 1500m-stap-item (o.13) by die SA Skolekampioenskap in Limpopo verwerf. Beide Charles en Jeanne het vroeër in Maart eerste in hul onderskeie items by die Wes-Kaapse Atletiekkampioenskap in die Paarl gekom, waar hulle vir die nasionale kampioenskap gekwalifiseer het.


Broer en suster presteer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article