Lighthouse Sport- en Ontspanningsdienste het vir Mandeladag verlede week ’n kuns- en boomplant dag vir die jeugdiges in Robertson aangebied. Hulle het altesaam 15 bome op die dag geplant. Dit was deel van hul boomprojek waar die betrokke jeug ’n belofte moes maak dat hulle nie by dwelms betrokke sal raak nie. Die bome was dan op hul verskeie erwe geplant. Die boom is ’n teken van hul beloftes. Die jeug het ook ’n kans gekry om te teken. Hier is van die jeug wat op die dag aan die verrigtinge deelgeneem het saam met die organiseerders.

Credit: SYSTEM

Boomplant ’n belofte teen dwelmgebruik

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article