Enkele dae nadat hulle ’n Top-10-prys vir sauvignon blanc in ontvangs geneem het, het Bonnievale Wines weer goud gewen.
Dié gevierde wynkelder het drie goue medaljes by die Ultra Value Wine Challenge 2022 gewen vir nie net sy sauvignon blanc nie, maar ook sy shiraz en chenin blanc.
Die kelder se pinotage het silwer gewen, wat die gesamentlike medalje-telling op vier te staan bring en weer die uitstekende waarde in die hele Bonnievale-portefeulje in verskeie kultivars uitlig.
Die wyne wat goud verower het, was Bonnievale The River Collection Sauvignon Blanc 2022; Shiraz 2021; en Chenin Blanc 2022. Silwer is aan sy The River Collection Pinotage 2021 toegeken.
“Vir ons is gereelde erkenning by geleenthede soos hierdie ’n bevestiging van ons geloof in die gehalte van ons wingerde,” sê Marthinus Rademeyer, die hoofwynmaker. “Deur vrugte te gebruik wat ons produsente met sorg, passie, vaardigheid en ervaring produseer, laat die wingerde se unieke terroir en herkoms die praatwerk doen. Hiermee saam steun ons op ons produsente se insig en jare se ondervinding. Dit is die goue draad wat deur ons wyne loop – van die wingerd tot by die kelder.”
Die Ultra Value Wine-uitdaging het sewe jaar gelede tot stand gekom met die doel om kampioen-wyne wat minder as R150 per bottel kos, uit te lig.
Streng riglyne verseker dat elke wyn objektief en onafhanklik beoordeel word. Alle wyne wat die gehaltevlak haal, word deur ’n kleinhandelprys-algoritme gesit om sy finale aangepaste telling te behaal. Baie wyne het die gehaltetoets geslaag, maar die waardetoets gedruip.
Bonnievale Wines het die graad op al twee gebiede behaal. Die uitslae is onafhanklik hersien om die akkuraatheid daarvan te bevestig.
Bonnievale Wines se volledige portefeulje is beskikbaar met deur-tot-deur-aflewering via die Bonnievale Wines- aanlyn winkel by buywine.bonnievalewines.co.za.
Ter viering van die Ultra Value Wines-pryse is ’n promosie-kis van Bonnievale se wenwyne saamgestel. Dit is beskikbaar – slegs vir ’n beperkte tyd – by buywine.bonnievalewines.co.za/shop/good-wine-vibes/gold-winners-mixed-case/
Bonnievale Wines is aan die buitewyke van die dorp, waaraan dit sy naam ontleen het, geleë – sowat 125 km oos van Kaapstad.
Besoek www.bonnievalewines.co.za, skakel 023 616 2795 of stuur e-pos na info@bonnievalewines.co.za vir nog inligting.





