Die Wes-Kaapse Boerbokklub het die afgelope Vrydag sy jaarlikse klubveiling op Moorreesburg se skouterrein aangebied.
Die duurste boerbokram is vir R32 500 aan Martin Compion van Upington verkoop. De verkoper was Jourdan Boerbokstoet van Porterville.
Die duurste boerbokooi het op haar beurt R31 000 gehaal en is aan Louis Passano van Passano Boerdery van Hekpoort verkoop. Die verkoper was Andries Vollgraaff van Tekoa Boerbokstoet van Ceres.
Die duurste Kalahari Red-ooi is aan Casper Byleveld van Britstown, ook vir ’n stewige R31 000, verkoop. Die verkoper was Nico Prinsloo van Ratelpost Kalahari Red Stoetery.
Die gemiddelde verkoopprys van die boerbokramme het op R15 576,92 te staan gekom, terwyl die boerbokooie se gemiddelde prys op R8 409,84 neergekom het.
Die gemiddelde verkoopprys van die Kalahari Red-ooie was R24 000.
Die veiling is deur BKB Paarl aangebied, en die afslaer was Corné du Plessis.





