Op nog ’n reënerige Donderdagaand het die skrywers Jaco Wolmarans en Daniël Lötter Wolmarans se nuutste boek Dolos bespreek. Albei skrywers was verras met die goeie opkoms ten spyte van die koue. Hulle besing opnuut die Swartlandse gasvryheid asook die moeite wat die biblioteekpersoneel doen om boekbekendstellings in Malmesbury iets besonders te maak. Lötter het daardie aand op sy sosiale media-platforms geskryf: “Mense wat steeds die geykte ou stelling maak dat Afrikaans ’n sterwende taal is, kan gerus ’n draai maak by ’n boekwinkel of een aand na ’n boekklub toe gaan. Jy sal spoedig jou oordeelsfout besef. Die Afrikaanse leeswêreld is lewendig, skeppend, energiek en . . . dit het hoogmode geword om te lees.” Hy het ook ’n Italiaanse spreekwoord aangehaal: “Wie God het, en ’n goeie boek, het die beste vriende wat jy kan hê.” Malmesbury-biblioteek se volgende Boekaand is op Donderdag 24 Augustus, wanneer P.P. Fourie se Ons Skuldebekendgestel sal word. Skakel 022 487 9439 om jou plek te bespreek. Van links is Deon Olivier, Jaco Wolmarans, Daniël Lötter, Susan Stoffberg en Xenia Olivier.

Credit: SYSTEM

Boekeaand op malmesbury ’n reusesukses

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article