Kors:

4 koppies rou gerasperde aartappel

1 eier geklits

½ teelepel sout

¼ koppie gerasperde ui

Vulsel:

1 knoffelhuisie, fyngedruk

1 koppie gerasperde ui

3 eetlepels botter

1 teelepel tiemie

1 medium blomkool in blommetjies gesny (+/- 700g)

½ teelepel basielkruid

½ teelepel sout

½ teelepel varsgemaalde swartpeper

1 koppie gerasperde cheddarkaas

2 eiers

¼ koppie melk

Paprika

Metode:

Plaas aartappels in vergiettes, sprinkel met sout, laat staan 10 minute, druk so veel as moontlik vloeistof uit en meng die res van die korsbestanddele daarby.

Pak dit in ’n oondvaste bak, druk onder en teen kante vas.

Bak vir 30 minute teen 200 °C, verf dan liggies met olie en bak totdat dit begin verbruin.

Haal uit die oond en hou eenkant.

Verlaag hitte tot 190 °C.

Soteer die knoffel en ui in botter, voeg blomkool en kruie by en geur.

Verlaag hitte, bedek en prut vir 10 minute, en verwyder van die hitte.

Plaas die helfte van kaas in die kors, skep die blomkoolmengsel bo-op, en eindig met kaas bo-oor.

Klits die eiers en melk saam, gooi oor blomkool en besprinkel met paprika.

Bak vir 45 minute tot stewig.

Wenk:

Jy kan ook gesnipperde bros gebraaide spek bo-oor strooi.

– watertandresepteviroudenjonk.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article