Die Malmesbury Bet-El Baptiste-gemeente fokus vandeesmaand op die bewusmaking van borskanker. Volgens Johan Esterhuizen van die Malmesbury Bet-El Baptiste kerk bied die jeugouers van die gemeente ’n pretstap- en ontbyt op 26 Oktober aan, waar die fokus op jong vroue en borskanker sal val.

Mej. Bet-El Baptiste 2023 gaan die geleentheid na afloop van die pretstap bywoon om met tieners en jong vroue te gesels oor hul liggaam vir bewusmaking rondom borskanker.

Mej. Swartland Volfiguur gaan op haar beurt met die tieners gesels oor hul liggaamsbou vir ’n positiewe benadering oor hul figuur.

Die senior span van die Malmesbury-majoretteklub gaan die staptog van 5 km begelei. Almal is welkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article