Die Weskus-netbalfederasie het Saterdag (15 Oktober) sy bekeruitdeling in die Riviera-hotel aangebied, wat voorafgegaan is deur die federasie se jaarlikse jaarvergadering.

Madelein Horn, die president van die federasie, het haar bestuur bedank vir die goeie werk die afgelope jaar asook die beamptes en die spelers wat alles moontlik gemaak het. Sy het ook toekomstige netbalspanne genooi om by die federasie aan te sluit.

’n Trotse Madelein het Marchelle Maroen, Inge Theron en Nadene Scherman lof toegeswaai en gespog dat die Weskus-netbalfederasie drie lede in die Stings (Wes-Kaapse provinsiale span) het.

Hanchen Mouton, die tesourier, is vir haar harde werk die afgelope sowat 30 jaar by die federasie bedank.

Van die toppresteerders by vanjaar se prysuitdeling:. Beulen Lazarus is aangewys as sportvrou van die jaar.. Die ligawenners was Malmesbury A (liga A1), Darling A (liga A2), Diaz Leeds A (liga B1), Malmesbury B (liga B2), Van Rhynsdorp (liga C1), Good Hopes (liga C2) en Langebaan C (liga D).

Die individuele wenners was:. In die A1-liga is Janine Heynse van Malmesbury as beste doel van die jaar aangewys, Beulen Lazarus van Langebaan as die senterbaan-speler van die jaar en Mekayla Barnard van Malmesbury as verdediger van die jaar.. In die A2-liga is die volgende spelers aangewys as beste speler vir die jaar: Mane Visser van Darling (beste doel), Semelian Lombard van Vredenburg (beste senterbaanspeler) en Charne Sias van Darling (beste verdediger).. B1-liga: Marli Greef van Langebaan (beste doel), Kayla de Wee van Langebaan (beste senterbaanspeler) en Lucreesha Cleophas van Hopefield (beste verdediger).. B2-liga: Tayla McQuire van Malmesbury (beste doel), Maceala Samboya van Malmesbury (beste senterbaanspeler) en Danielle Sheldon van Malmesbury (beste verdediger).. C1-liga: Destia Fransman van Majestics (beste doel), Nicole Witbooi van Young Cities (beste senterbaanspeler) en Janine Jantjies van Young Cities (beste verdediger).. C2-liga: Esme Horn van Good Hopes (beste doel), Christelle Afrika van Happy Hearts (beste senterbaanspeler) en Jodene Saaiman van Good Hopes (beste verdediger).. D-liga: Anso Brink van Langebaan (beste doel), Rethabile Leshona van Young Cities (beste senterbaanspeler) en Wendy Voster van Eendekuil (beste verdediger).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article