Juwele ter waarde van R130 000 is onlangs uit Elda van Rensburg se kluis in haar huis in Yzerfontein gesteel.

Die spesiaal ontwerpte juwele en Browns- handgemaakte juwele het groot sentimentele waarde en Van Rensburg sal graag hierdie onvervangbare persoonlike skatte wil terughê. Die diefstal is by die Darling-polisie aangemeld.

’n Beloning word uitgeloof aan iemand wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die suksesvolle opsporing van Van Rensburg se juwele.

Die juwele sluit in ’n goue en ’n diamant-trouring met die letters E en F aan die kante, ’n troupand, ’n hangertjie met pienk, wit en pers steentjies en diamante tussenin, asook ’n bypassende ring en oorbelle.. Bel Van Rensburg by 082 683 5966.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article