2014-03-31 **Krit** Die produksie is ’n vars benadering tot Afri­kaanse poësie en musiek. ’n Vernuwende aanwending van verskillende kunsmediums om ’n onvergeetlike ervaring te verseker. Die produksie is gevorm rondom Spoegwolf se eerste album, Swaartekrag, en die nuutste EP, Elektriese Kind.**FOTO: Deon Raath**Foto:


Die hele ketoetie – allésaam! Dít is wat feesgangers van Saterdag 1 tot Sondag 9 April by die 27ste KKNK in Oudtshoorn kan verwag.

Vanjaar se feesprogram bied iets in almal se smaak. Die feesdatums val in die skoolvakansie en sluit Paasnaweek in.

Die program beloof vanjaar weer ’n mengelmoes vir oud en jonk op Oudtshoorn by die KKNK.

’n Vrou se hare is haar kroon, en in die digters Veronique Jephtas en Lynthia Julius se drama, My kroon se krank, raak drie karakters die onderwerp van natural hair aan.

Jantjies and the Pearls is weer die drama-komedie van Mikayla Joy Brown oor die gedwonge verskuiwing van Distrik-Ses. Dit volg die Jantjies-gesin wat desperaat is om ’n plan teen die groot ontwrigting te kry.

Die komediante Alfred Adrian, Rob van Vuuren en Alan Committie gaan die lagspiere laat werk, terwyl Tollie Parton ook in die Volstruis-dorp gaan wees.

Van die ander vertonings sluit in Antoinette Kellermann in die eenvroustuk Teen wil en dank, Lizz Meiring in Van die rak af en Sandra Prinsloo met haar bekroonde Die Moeder. Die legendariese Brumilda van Rensburg en Dawid Minnaar is saam met Rolanda Marais en Carla Smith in Mirakel te sien.

Ander bekendes wat by die KKNK te sien sal wees, is Vinette Ebrahim, Christo Davids, Early B, Spoegwolf en Dean Balie. Jy sal nie Nataniël se konsert Paassondag met agt musikante wil mis nie.

Moenie hierdie stukke by die 27ste KKNK op Oudtshoorn misloop nie.

Die volledige feesprogram is teen Dinsdag 24 Januarie op die KKNK se webblad beskikbaar.

Kaartjieverkope vir Vriende van die KKNK is reeds vir die publiek oop. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Webtickets, of jou naaste Pick n Pay.

Besoek die KKNK se webblad by www.kknk.co.za of kontak die kantoor per e-pos by info@kknk.co.za, stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337 of skakel 044 203 8600 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article