Die Swartland-munisipaliteit het Woensdagaand (30 November) altesaam 26 Graad 7 dux-leerders van verskillende skole in die Swartland-streek vereer. Harold Cleophas, die burgemeester, het sertifikate en rugsakke aan elke dux-leerder by die geleentheid oorhandig as beloning vir hul harde werk vir die jaar. Elke leerder het die geleentheid saam met hul ouers en skoolhoofde bygewoon. “Jou vordering is uitstekend en as voorbeeld is julle ’n inspirasie vir ander leerders,” het Cleophas aan die dux-leerders gesê. Foto: Anan Jacobs


alle Dux-leerders in swartland vereer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article