Agt spanne van Malmesbury het Saterdag 16 September die geleentheid gekry om mekaar op die krieketveld in die Hoërskool Swartland se jaarlikse “6-a-side”-krieketkompetisie aan te durf.
Die reën het mooi saamgespeel en aan die einde van die dag was die Royal Strikers die wenners.
Hulle het in die eindstryd teen die Laerskool Swartland te staan gekom.
FFS was derde, Mecano Superkings vierde, Nova vyfde, 12 Fine Legs sesde en Endgame sewende, terwyl die uitnodigingspan die agste posisie beklee het.
Die prys vir die vangskoot van die dag is aan Robert Oosthuizen toegeken.
Martin Dyason en Nollie Bestbier is as die beste boulers van die dag aangewys terwyl Andru Serdyn die beste kolwer op die dag was.
Die skool bedank Deon Engelbrecht, Frank Myburgh en Jacques Brits vir die trofees asook al hul borge wat die dag moontlik gemaak het.
Hierdie was die eerste van vier six-a-side-kriekettoernooie wat die skool vanjaar sal aanbied. . Besoek gerus die skool se Facebookblad vir nog foto’s.





