Die Afriforum-skietdag, in samewerking met Kaapjag en Wes-Boland Jag, het op 12 Oktober by hul skietbaan-fasiliteite in Moorreesburg plaasgevind.
Die dag het met ’n mistige oggend begin, maar namate die son sy kop begin uitsteek het, het 22 junior skuts – van beginners tot ervare – hul staal gewys ondanks die uitdagings van die natuur. Die jongspan het met die hulp en geduld van baanbeamptes en bestuurslede met selfvertroue aan die kompetisie deelgeneem.
Pryse is in drie afdelings toegeken terwyl elke skut ’n geskenkpakkie ontvang het. Een gelukkige jong meisie het met ’n windbuks as ’n prys weggestap. Afriforum Malmesbury bedank elke deelnemer en borge wat tot die sukses van die dag bygedra het.





