Sluit aan by die Abbotsdale-pretloop van 5 km of 7 km op 6 Augustus by die Abbotsdale-sportterrein.
Volgens die organiseerders is die hoofdoel van die pretloop om die jeug in die gemeenskap te rehabiliteer en hulp te bied aan dwelmverslaafdes en sopkombuise.
Die wegspring vir die 7 km-roete is om 07:30 en vir die 5 km om 08:00.
Lekker pryse kan gewen word.
Inskrywings beloop R20 (5 km) en R30 (7 km).
Registrasie is oop elke Vrydag by die Abbotsdale-burgersentrum (Civic Centre) en -biblioteek asook by die Ilingelethu Training Centre op Vrydae van 17:00 tot 19:00 en Saterdae van 10:00 tot 15:00.
Indien daar sport is op Saterdae by die sentrum, sal registrasie geskied van 14:00 tot 17:00 by die sokkergronde. Deelnemers kan ook via WhatsApp op 062 618 0909 registreer.
Vir meer inligting skakel een van die organiseerders by 065 606 8732 (Josias); 062 618 0909 (Booisen); 079 965 9745 (Searge) of 083 604 2011 (Syster).


