Jy benodig:
3 eetlepels botter
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
3 hande vol sagte biltong, dun gesny
olyfolie
4-6 groot aartappels, gekook en in dun skywe gesny
8 eiers, geklits
1 eetlepel growwe mosterd
sout en swartpeper na smaak
So maak jy:
Verhit die botter in ’n pan en braai die uie en knoffel stadig totdat dit sag is, maar nie bruin nie.
Skep dit uit die pan en meng dit met die helfte van die biltong.
Gooi ’n bietjie olyfolie in dieselfde pan en sit dit oor matige hitte.
Bedek die bodem van die pan met ’n laag van die aartappelskywe en skep lepels van die uie-en-biltong-mengsel bo-oor. Herhaal die lae totdat die aartappels op is.
Klits die eiers en mosterd saam, gooi sout en swartpeper na smaak by, en giet dit oor die aartappels.
Gebruik ’n houtlepel en druk deurentyd die omelet weg van die kant af. Laat die omelet gaar word.
Gebruik ’n eierspaan en keer die omelet uit in ’n bord met die rou kant na onder.
Gooi ’n bietjie olie in die pan en glip die omelet met die rou kant na onder terug in die pan. Braai dit vir nog 5 minute.
Keer die omelet uit en sny dit in skywe. Sprinkel die res van die biltong oor en sit dit voor met ’n Griekse slaai.. Die resep kom uit watertandresepteviroudenjonk.com.




