Inskrywings het onlangs vir die lang verwagte Rhodes Quality-halfmarathon in die bekende

Wellington geopen.

Hierdie halfmarathon, voorheen bekend as die SAD-Safari-halfmarathon, is reeds langer as 30 jaar een van die voorste hardloop-uitdagings in die Boland.

Die halfmarathon het verlede jaar nuwe hoogtes bereik met ‘n nuwe borgskop deur Rhodes Quality.

Die halfmarathon vind weer eens op Werkersdag – Donderdag 1 Mei – plaas.

Hoewel die wedloop ‘n relatief nuwe baadjie het, sal dit steeds ‘n top-hardloop-geleentheid en ook deel van Boland Atletiek se halfmarathon-kampioenskap wees.

Benewens die gewilde halfmarathon- afstand sal daar ook 10-km- en 5-km-wedlope wees, wat op ontspannings-deelnemers en gesinne gemik is.

Die geleentheid begin en eindig weer in die nabyheid van Hugenote Hoërskool in Wellington.

Die roete sluit skouspelagtigenatuurskoon in en is ideaal vir alle vlakke hardlopers, insluitend stappers, aangesien geen amptelike afsny-spertye van toepassing is nie.

Almal wat hul wedloop in die verskillende afstande voltooi, sal ‘n medalje ontvang.

Daar sal ook in die spysenierings- en drinkgoed-behoeftes van deelnemers en toeskouers op die wedloopdag voorsien word, met talle stalletjies op die perseel, wat ‘n verskeidenheid kosprodukte en drinkgoed sal verkoop.

Die halfmarathon word al vir 35 jaar aangebied en is ook ‘n gunsteling onder elite- en klubhardlopers van oor die hele Suid-Afrika heen, wat om die aansienlike prysgeld meeding.

Deelnemers aan die halfmarathon sal ‘n geskenkpak ontvang, gevul met ‘n verskeidenheid heerlike Rhodes Quality-produkte.

Ander vennote sluit in die Wellington-atletiekklub en die Wellingtonse Rapportryers.

Hierbenewens is die Drakenstein-munisipaliteit ‘n jare lange ondersteuner en vennoot.

Die geleentheid skep werk en gee toerisme ‘n hupstoot, met baie deelnemers en hul gesinne wat

Wellington en die omliggende gebiede – dikwels vir die eerste keer – besoek om deel te neem of hul gesinslede op die wedloopdag te ondersteun.

Talle liefdadigheidsorganisasies het die afgelope 35 jaar voordeel uit die wedloop getrek.

Die benoemde liefdadigheids-organisasie en begunstigde in 2025 sal die Huis Andrew Murray- kinder- en jeugsorgsentrum wees.

Inskrywings kos:

•  21.1 km: R205 (lisensie); R280 (geen lisensie);

•  10 km: R145 (lisensie); R195 (geen lisensie); en

•  5 km: R60.

Vooraf-wedloop:

•  20,5 km: R370;

• 14,5 km: R270.

Slegs 300 inskrywings word vir die vooraf-wedloop aanvaar.

• Rhodes Quality-groen-en- goud-inskrywing: R1 000 – dit sluit in ‘n versamelaars- en amptelike Rhodes- halfmarathon-drafhemp en pet, ‘n paar drafsokkies, parkering, ‘n geskenkpak en toegang tot die BBP-gebied van die wedloop.

Teken hierdie gewilde geleentheid nou op jou kalender aan.

• Besoek www.topevents.co.za om in te skryf.

Dis weer tyd vir die oudtse en mooiste halfmarathon in die Kaapse Wynland, die Rhodes-halfmarathon.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article