Wees waaghalsig, wees slim, gebruik jou verbeelding wanneer jy jou uitrusting vir vanjaar se Loslitdag kies. Die tema is Loslit innie Lente en dit gee almal die geleentheid om uitspattig aan te trek. Onthou tog net jou amptelike plakker, of kry sommer ’n hele ‘bos’ plakkers. Vanjaar se amptelike kleur is liggroen.
Loslitdag is op Vrydag 4 September en plakkers is nou in alle deelnemende winkels verkrygbaar.
Die Loslitdag-projek word bestuur deur die Nasionale Raad vir persone met liggaamlike gestremdhede in SA en word geborg deur die Edcon-groep.
Loslitdag het oor die afgelope 20 jaar R222 miljoen ingesamel vir mense met gestremdhede. Die plakkers is verkrygbaar vir ’n donasie van R10 by alle Edcon-winkels (Edgars, Red Square, Boardmans, Jet, JetMart, Legit, CNA), Game, Dionwired, Shoprite, Checkers, Absatakke, en deelnemende organisasies. Meer inligting is beskikbaar op die webblad en Facebook by www.casualday.co.za of FB: www.facebook.com/casualdaySA



