Die Gift of the Givers-span tesame met die polisielede wat gehelp het, is Emily Thomas, Keanu Baartman, AO Blacky Swart, lt.kol. Lizle Viljoen, Abdul Muiez Cloete, Quinton Bowers, Pam van Schalkwyk en sers. Crispin Slingers. Foto’s: Dominique Jeftha


Gift of the Givers het verlede week 200 kospakkies aan behoeftiges in Robertson uitgedeel.

Die organisasie het met die hulp van die plaaslike polisie – om orde te handhaaf – ongeveer 200 mense van broodnodige kospakkies voorsien.

Net soos talle Suid-Afrikaanse dorpe gaan Robertson ook gebuk onder werkloosheid en armoede. Met Gazette se besoek het egter meer as net 200 mense opgedaag.

Volgens Gift of the Givers het die Robertson-polisie hulle gekontak vir hulp om kospakkies aan diegene te gee wat dit nodig het. Hulle oorweeg die moontlikheid om weer later in die jaar nog kospakkies in die dorp te gaan uitdeel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article