Die Titans-netbalklub het op 16 Junie, ter viering van Jeugdag, die klub se eerste sportdag gehou. Verskeie skole en netbalklubs in die Boland het aan die geleentheid deelgeneem. Die Titans bedank al hul borge, onder wie Pick n Pay Robertson, Van Loveren-wyne, Old Mutual en JM Brown. Hulle bedank ook al die spanne vir hul uitstekende dissipline en sportgees. Die Warriors-netbalspan van Robertson en die Ikwezi-netbalklub van Worcester het in die eindronde gespeel en Ikwezi het as die wenners weggestap.

Credit: SYSTEM

Titans vier jeugdag met netbal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article