Die Malmesbury-sakekamer bied binnekort twee byeenkomste aan.

Op 21 Julie is Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Malmesbury Veiligheid, die spreker. Uys is ook die nasionale voorsitter van die Agri SA-sentrum vir uitnemendheid vir landelike veiligheid asook die provinsiale voorsitter vir Agri Wes-Kaap vir landelike veiligheid. Hy vertel meer oor Malmesbury Veiligheid en die veiligheidsituasie op nasionale vlak.

Dit vind plaas by die Freek Stander-saal agter Hoërskool Swartland, om 18:30 vir 19:00.

Bespreek jou plek teen 19 Julie om 12:00 by info@sakekamer.co.za. ’n Ligte ete en kontantkroeg is beskikbaar teen R80 vir lede en R100 vir nie-lede. Alle belangstellendes is welkom.

Bespreek ook solank 2 Augustus in jou dagboek vir die Malmesbury-sakekamer se Vrouemaandbyeenkoms in die Herehuis, met die klem op vroue as entrepreneurs met Andrea Erasmus, motiveringspreker, entrepreneur en eienaar van haar persoonlike grimeerreeks, Maria Cosmetics. Kontak info@sakekamer.co.za vir inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article