’n Bekende gesig is terug by Boland Media. JP Myburg, joernalis wat voorheen by Standarden Breederivier Gazettediens gedoen het, het op 1 Augustus weer by die Boland Media-groep aangesluit. Myburg het vir die afgelope jaar as woordvoerder vir die Breedevallei-munisipaliteit gewerk, maar sy liefde vir die joernalistieke veld het hom teruggeroep. Myburg het reeds verskeie landwye en plaaslike pryse as joernalis gewen en Worcester Standarden Breederivier Gazetteis bly om hom terug in ons midde te hê.


Welkom terug JP!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article