Die bekroonde Devmark Property Group se splinternuwe De Zwartland Werf het die eerste sooi vir fase een in Maart 2022 gespit. Dié opwindende gemengdegebruiks­ontwikkeling, wat R650 miljoen kos, is op die noordelike grens van Malmesbury, langs die N7 en dié dorp se Voortrekkerweg.

Die De Zwartland Werf-ontwikkeling sal bestaan uit ’n winkelsentrum, hospitaal, kantoorruimte, restaurante, koffiewinkels, deurry-restaurante, ander vermaaklikhede, ’n vertoonlokaal en meer.

Die kantoorruimte, wat bekend sal wees as De Zwartland Werk, het toegang tot al die fasiliteite, asook veilige parkering en ontspannende buiteluggebiede.

Die grootte van die kantore by De Zwartland Werk wissel van 91 m² tot 440m² en is tans beskikbaar om te koop vanaf R2 890 000. Die kantoorruimte het uitsonderlike uitsigte oor die omliggende berge en landskap van die Swartland.

Malmesbury vervul ’n belangrike stedelike nis in die Swartland en Wes-Kaap. Die hoë ontwikkelingspotensiaal daarvan kan toegeskryf word aan faktore soos die relatiewe toeganklikheid langs die N7, nabyheid aan Kaapstad en gediversifiseerde ekonomiese basis, wat nie net landbou insluit nie, maar ook goed ontwikkelde nywerheids- en kommersiële sektore.

De Zwartland Werf sal die eerste gemengdegebruiksontwikkeling en een van die grootste beleggings in die hele Swartland-omgewing wees. De Zwartland Werf sal Malmesbury en die omliggende dorpe ’n broodnodige ruimte bied om in ’n pragtige omgewing inkopies te doen, te eet, te werk en te speel.

Die tweede fase sal teen ongeveer September vanjaar begin. Sodra dit voltooi is, bied dié ontwikkeling, wat De Zwartland Markt genoem word, ’n geriefskleinhandel­sentrum wat uit ongeveer 65 winkels, dienste, restaurante en vermaak sal bestaan.

’n Aantal nasionale korporatiewe huurders, waaronder Checkers, Clicks en Toyota, is reeds bevestig. Kleinhandelbesteding in Malmesbury en die onmiddellike opvangsgebied beloop sowat R2,4 miljard per jaar. De Zwartland Werf, en spesifiek die kleinhandelsentrum, sal ’n geleentheid skep vir mense in Malmesbury en die groter Swartland-distrik om hul inkopies in ’n moderne en veilige omgewing te doen.

Volgens Ehlers, die uitvoerende hoof van Devmark Property Group, is die eiendomsmark nadelig geraak deur sowel die Covid-pandemie as die plaaslike regering, wat in baie dele van Suid-Afrika wanfunksioneel geword het. “Ons strategie is om slegs eiendom in die Wes-Kaap te ontwikkel. Ons kies die gebiede noukeurig en fokus op dorpe wat goed bestuur word, aangesien dit op die lange duur tot verbeterde eiendomswaardes sal lei. Dit is hoekom ons op Malmesbury gefokus het. Dit word deurgaans beskou as een van die bes bestuurde munisipaliteite in Suid-Afrika.”

“Malmesbury, met 36 000 inwoners, vervul ’n belangrike rol as die stedelike sentrum van die Swartland. Ons glo De Zwartland Werf bied die drie p’s – posisie, posisie, posisie. Dit gaan gewis baie mense se lewe verander. Ons bou vandag ’n nuwe toekoms!

Besoek De Zwartland by www.dezwartland.co.za; kontak info@devmark.co.za of 021 948 3502.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article