Die Weskus-netbalfederasie is die derde agtereenvolgende jaar as die Weskus-sportforum se federasie van die jaar aangewys.
’n Trotse Madelein Horn, voorsitter van die Weskus-netbalfederasie, kon nie ophou glimlag van die trots nie. Sy het net met lof van haar mede-bestuurslede gepraat en gesê die federasie sou dit nooit sonder hul bydrae kon doen nie.
Die federasie het ook die benoeming vir afrigter van jaar opgeraap, wat toegeken is aan Marchelle Maroun, afrigter van die provinsiale netbalspan (Southern Stings) en die Langebaan-netbalklub.
Verder het die Weskus-netbalfederasie ook die benoeming vir gemeenskapsontwikkelaar opgeraap, wat aan Inge Theron toegeken is. . Die provinsiale prysuitdeling word Saterdag 17 September 2022 in Kaapstad gehou.




