Aan elke Rockie-netbalspeler wil ek sê: Gee jou alles vir hierdie laaste wedstryd van 2022. Julle het die hele seisoen baie opgeoffer en hard gewerk om tot hier te kom. Maak jouself, jou ouers, jou coach en jou skool TROTS, maar die belangrikste is om elke oomblik hiervan te geniet.
Aan my “ONE TEAM”-span en medespelers . . . julle is die BESTE. Ons is hierdie jaar deur so baie ups and downs, maar ons het deurgedruk en gewys ons is die BESTE. Ek glo aan elkeen van julle agt.
Ek haal my gunsteling-quote aan wat hierdie jaar weer vir my ’n werklikheid geword het: “My team becomes my family, the ball becomes my best friend, the court becomes my home, and the game becomes my life”.
Aan elke Rockie, of jy nou ’n speler of ondersteuner is, kom ons “unite as one and remember – if you BELIEVE, you will ACHIEVE”. – Mané Visser, o.18A-netbalkaptein





