Daisy Floors (regs) en haar lewensmaat, William Tromp, lê voor ’n bekende onderneming in die middedorp. Hulle wil nie identifiseer word nie omrede Daisy sê hulle is baie skaam oor hulle huidige situasie. Foto:


Van bladsy 1

William sê hy voel steeds permanent moeg het ’n hoes wat hom “net nie wil los nie”.

Daisy sê sy kan sommige aande nie slaap nie.

“Dit is soms so koud, my vel slaan in blou merke uit. Ek sit dan regop, en dan is ek bewus van ander mense rondom ons wat wil moeilikheid maak. Soms voel ’n mens veilig, maar ander kere rook van die mense sommer tik naby ons en raak mal. Partykeer help die polisie, en op ander kere maak ons net asof ons slaap.”

Worcester
Standard het in 2020 berig oor Mary Verhoog, ’n vrou en ma, wat op straat gewoon het. Sy was bekend as die “queen” van Queensplein in Worcester.

Sy het haar verhaal vertel en verduidelik hoe wetstoepassers haar besittings verwyder het, en dat sy in die winter, terwyl sy aan asma ly, sonder die basiese gelos is. Mary is twee maande ná die onderhoud daar oorlede.

Rawsonville sukkel ook met dieselfde probleem wat straatbewoners betref. Hier slaap bewoners veral naby die twee vulstasies, wat deurnag oop is.

“Ons kan net bid. Of ons nog oor ’n paar maande hier gaan wees, weet ons nie, maar niemand van ons weet nie. Ons bid dat ons situasie sal verander of dat ek werk sal kry. Ek gaan weer in die week gaan hoor vir ’n los werkie,” sê een van die haweloses.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article