Sinethemba-tuisversorgingsdienste weeg Donderdag 1 September om 12:30 die laaste klomp plastiekdoppies in hul poging om ’n rolstoel vir Willem September (voor) van Malmesbury te kry. Sodra Sinethemba 450 kg se doppies het, sal die Sweetheart-stigting van Kaapstad dit inruil vir ’n rolstoel wat spesifiek aan Willem se liggaamsbehoeftes voldoen. Willem is reeds 24 jaar van ’n rolstoel afhanklik en sy stoel is gehawend. Versamel jy dalk doppies wat jou laaie vol lê? Bring dit teen Woensdag na Top Eiendomme of Sinethemba se kantoor in Roosstraat 4 in Malmesbury, of na Donkinstraat Winkel 2 in Darling, of Sinethemba se kantoor in die Kommandogebou in Moorreesburg. Sinethemba benodig nog rolstoele vir vyf mense as jy dalk nou eers begin versamel. Kontak Sinethemba by 022 486 6323 of stuur e-pos na happyhearts@sinethemba.net.za. Agter Willem staan Heylin Williams en Justine Swartz (Happy Hearts vir Sinethemba) en heel regs is Heinelize Knoesen, die Sinethemba-bestuurder.

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article