Die onwettige drank waarop die polisie beslag gelê het.

Credit: SYSTEM

Polisiebeamptes van Moorreesburg het met die bystand van wetstoepassers en die K9-honde-eenheid Vrydag 12 en Saterdag 13 Augustus twee verdagtes op aanklagte van die handel in drank sonder ’n lisensie in hegtenis geneem.

Volgens sers. Nicolette Visagie, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, is twee vroue – 32 en 44 jaar oud – in twee afsonderlike voorvalle waar polisie op drank in Sibanye Square en Patryssirkel, Fairview beslag gelê het, in hegtenis geneem. Altesaam 225 liter drank is in die verdagtes se besit gevind. Hulle het reeds in die plaaslike landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article