Stel jou kind dalk belang om kuns te neem? Kom kuier op 15 September van 14:30 af by die Hugo Naudé-kunssentrum in Worcester.
Hier kan jy by die ope dag vir graad 9’s meer uitvind oor die moontlikhede wat die sentrum hulle kan bied.
Wat behels die vak/komponent, wat gaan hulle leer, waaraan gaan die leerder blootgestel word, wat is die assesseringsmetodes /slaagvereistes vir die leerder se NSS, en watter vakke word aanbeveel of is saam met hierdie vak moontlik?
Loopbaangeleenthede word ook bespreek.




