Advokaat Hanlie Linde, die munisipale bestuurder van die Bergrivier-munisipaliteit, se kontrak is in Augustus met nog vyf jaar tot 2027 verleng. Sy lei die munisipaliteit sedert 2012 en het dit in dié tyd in ’n toppresterende organisasie omgeskakel. Die Bergrivier-munisipaliteit is die afgelope agt jaar as een van die 10 beste presterende munisipaliteite in Suid-Afrika erken en het talle agtereenvolgende jare ongekwalifiseerde ouditbevindings behaal. Adv. Linde sê sy is gebore om die gemeenskap te dien en dit is een van haar grootste motiverings om soggens op te staan en aan te trek sodat sy haar dag kan begin en haar werk met passie kan verrig.

Credit: SYSTEM

Derde termyn vir linde

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article