Wingerdlootjie- dag-en-nasorg het Saterdagoggend (17 Augustus) hul jaarlikse modeparade by die NG kerk Noord se saal in Bergzichtstraat aangebied. Freda Calitz, skoolhoof van Wingerdlootjie sê mnr en mej Wingerdlootjie asook mnr en mej. Persoonlikheid is by die geleentheid aangewys. Volgens Calitz was die dag ’n sukses en het die kinders dit baie geniet. Die wenners was: Meliah Pietersen (Mej. Wingerdlootjie), Alizay Bobbejee (Mej. Persoonlikheid), Beauden Williams (Mnr. Wingerdlootjie) en Cayden Bobbejee (Mnr. Persoonlikheid).


Mnr, mej. Wingerdlootjie aangewys

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article