Adwhirl Thomas, Eurick Arendse, Lwazi Shosha, Beven Cloete en Ruan Lenns maak gereed vir nog ’n dag se opleiding.

Credit: SYSTEM

Leerling-brandbestryders van die Weskus-distriksmunisipaliteit (WDM) en die Swartland-munisipaliteit is tans besig met ’n opleidingsprogram van 27 weke by die Moorreesburg- en Malmesbury-brandweerstasies. Die program sluit teoretiese sowel as praktiese vaardigheidsopleiding in.

Die opleiding het in Mei by WDM se rampbestuursentrum in Moorreesburg begin en 13 brandbestryders sal hul finale assessering by die Stad Kaapstad-brandweerafdeling ondergaan.

Brandbestryders blus nie net vlamme nie, maar help ook by motorongelukke en ander reddingsoperasies.

“Om ’n professionele en doeltreffende brandweerdiens te lewer, moet brandweerpersoneel voortdurende opleiding ondergaan,” het Bertus Senekal, die WDM se brandweerhoof, gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article