Die wiele is aan die rol vir die Malmesbury-sakekamer se gala-aand op 22 Oktober in die Malmesbury-stadsaal.

Hierdie aand word jaarliks gekenmerk deur ’n dans, driegangmaaltyd en die aankondiging van die wenners van die Diensverskaffer van die jaar-toekennings.

Nic Stevens is die gaskunstenaar.

Kaartjies teen R350 is binnekort te koop by lede van die sakekamer se bestuur en ook by Salon de Bron in die De Bronsentrum, of stuur e-pos na info@sakekamer.co.za indien jy verkies om die kaartjie aanlyn te betaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article