Die Robertson-leeskring is 41 jaar gelede – op 31 Augustus 1987 – gestig en is sedertdien nog volstoom aan die gang. Die leeskring het tans 14 lede wat gereeld op die laaste Vrydagoggend van elke maand by die Robertson-museum vergader.
’n Breë spektrum boeke word gelees. ’n Noukeurige lys boeke word vir elke jaar saamgestel met ’n bepaalde boek vir elke maand.
Dit word oorsigtelik deur een van die lede aangebied en dan in die algemeen bespreek. Soms is ons bevoorreg dat ’n skrywer gewillig is om self hul boek te bespreek en die lesers daaroor in te lig.
Boeke wat nie in die plaaslike biblioteek beskikbaar is nie, word aangekoop en aan lede beskikbaar gestel om te lees en sinvol aan die besprekings deel te neem
Lesers wat nog inligting aangaande die Robertson Leeskring verlang, kan Len van Aswegen of Louise van Wageningen per e-pos by lenvanaswegen@mweb.co.za kontak.



