Ná ’n suksesvolle eerste toernooi in 2021, bied die Hoërskool Swartland vanjaar weer sy Old Boys Six-a-side-kriekettoernooi aan.
Die aksiebelaaide dag word vir Saterdag 10 Desember beplan.
Agt spanne sal vanjaar in twaalf wedstryde meeding om uiteindelik die kampioen te beslis. Hulle is:
die Hoërskool Swartland, Hugenote Hoërskool, Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai), die Hoërskool Durbanville, die Hoërskool Stellenberg en die SA Legends.
Die spanne sal binnekort aangekondig word.
Die eerste wedstryd begin om 09:00.
Die hekke open om 08:00. Kaartjies kan by die hek gekoop word en kos R20. Kinders onder 18 geniet gratis toegang.
’n Biertent sal vanjaar beskikbaar wees met optredes in lewende lywe, talle kosstalletjies en ’n speelpark vir die kinders in die skoolsaal.
Bring ’n gemaklike stoel en jou eie sonsambreel saam.
Swartland Gazette is vanjaar weer die trotse mediaborg.


