Jeanne Victor van Malmesbury (links) saam met haar niggie Cynthia Knoetzen en haar man, Cyril, tydens hul onlangse kuiertjie in ’n restaurant in die dorp.

Credit: SYSTEM

Twee niggies, wat mekaar dekades laas gesien het, kon onlangs weer ’n dag lank saamkuier.

Dit is 42 jaar nadat Jeanne Victor (76) van Malmesbury haar niggie die laaste keer gesien het. “My ma was die oudste van sewe kinders; ek was die oudste niggie en Cynthia (60) is een van die jongeres. Hulle het in Natal gewoon; ek het in die Vrystaat grootgeword.”

Jeanne het ná matriek in Durban gewerk, waar sy weer vir Cynthia en ander familielede gesien het. Terwyl die lewe aangaan en die grootmaak van kinders hulle besig gehou het, het die niggies kontak verloor totdat Cynthia jare gelede Jeanne gekontak het.

Hierna het hulle gereeld vir mekaar briewe en foto’s van hul kinders gestuur. Nog later het WhatsApp gevolg, maar hulle het mekaar eers weer in lewende lywe gesien nadat Cynthia en haar man, Cyril Knoetzen, verlede maand uit Pietermaritzburg in die Kaap kom vakansie hou het. “Die weersiens was al te lekker, en ons kon baie uitruil wat ’n mens nie gewoonlik per brief kan vertel nie,” sê Jeanne.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article