Die Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers, het Vrydag (11 November) titelaktes aan 90 inwoners in Nkqubela, Robertson, oorhandig. Die Nkqubela-behuisingsprojek het altesaam 172 huise opgelewer. Bo oorhandig Simmers die titelakte van Damon van Jaarsveld aan hom. Van Jaarsveld en sy dogter en kleindogter, wat saam met hom woon, sê hulle is baie gelukkig dat hulle uiteindelik die titelakte ontvang het. Oor die oorhandiging van die titelaktes, het Simmers gesê: “Hierdie geleentheid is van groot betekenis vir die lede van hierdie gemeenskap. ’n Titelakte is ’n instrument van emansipasie, en ons as die Wes-Kaapse regering is daartoe verbind om deur sulke inisiatiewe die hoop en waardigheid van ons burgers te herstel. Links staan Simmer, die plaaslike raadslid Lungani Gxowa, Schalk van Eden (Langeberg se uitvoerende burgemeester) en Charles Henn (raadslid). Foto:’s Tamsyn Jantjies


90 inwoners nou huiseienaars

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article