Dit blyk ’n vierjarige kind van Bonnievale is die afgelope naweek deur ’n varkhond aangeval en gebyt.

Talle inskrywings op sosiale media het bevestig dat hierdie jongeling ernstig in die voorval beseer is en vir noodbehandeling na ’n plaaslike hospitaal geneem is.

Gazette het na die Bonnievale-polisie uitgereik vir kommentaar.

“Ons het ook gehoor van die voorval en gesien dat mense op sosiale media daaroor praat. Ons dra egter nie kennis van enige formele klag wat hieroor aangemeld is nie, maar sal uitvind,” het sers. Sera Julies, ’n woordvoerder van die Bonnievale-polisie, gesê.

Hierdie voorval volg nadat Gazette die afgelope paar maande oor twee soortgelyke voorvalle berig het – een waar ’n kind deur ’n varkhond aangeval is en een waar ’n bejaarde in die straat in ’n aanval beseer is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article