Hoërskool Robertson is baie trots op hul eerstepanrugbyafrigter, Heino (Haas) Warnich, wat onlangs as die 2023- Boland-akademieweek se voorspelerafrigter verkies is. Warnich gee tans geografie en landboubestuur by die skool. Hy rig Hoërskool Robertson se eerste span al die afgelope ses jaar af (met Covid-jare ingesluit). Dit is ook Warnich se tweede jaar waar hy by die Boland-akademieweek betrokke sal wees. Die skool is baie trots op Warnich en bedank hom vir alles wat hy vir die skool se rugby doen en die verskille wat hy in die lewe van sy leerders en spelers maak.


afrigter hoog aangeslaan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article