Hoërskool Swartland se skoolhoof, Justus Schoonraad, oorhandig die wentrofee vir die tweede agtereenvolgende jaar aan die Old Boys van Paarl Gimnasium. Foto: Anan Jacobs


Dit was ’n fees van sesse en viere toe die oudstudente van agt topskole Saterdag (10 Desember) hul krieketvernuf by die tweede Old Boys-Six-a-side-kriekettoernooi, aangebied deur Hoërskool Swartland, kom wys het.

Selfs wind en reën kon nie die gees op en langs die veld demp nie.

Dit was ’n ware interskole-kragmeting om die dag se wenners te bepaal toe die manne van Boishaai en Paarl Gimnasium se oudstudente mekaar op die veld in die eindstryd gepak het, maar dit was uiteindelik Paarl Gim wat die tweede agtereenvolgende jaar met die kampioentrofee huis toe is.

Hoewel die aantal 6’e en 4’e wat tydens die toernooi aangeteken is, nie bevestig kon word nie, was dit volgens die organiseerders veel meer as verlede jaar, terwyl hoër tellings ook aangeteken is.

Die skool bedank al die spanne en borge wat die dag moontlik gemaak het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article