Die departement van basiese onderwys het die voorgestelde skoolkalender vir 2024 tot 2026, wat aansienlike veranderinge bevat, in die Staatskoerant gepubliseer.
Openbare skole in Suid-Afrika volg elke jaar ’n verdeelde kalender met skole in die binneland (Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes) wat gewoonlik sowat ’n week vroeër as kusskole in KwaZulu-Natal en die Wes-, Oos- en Noord-Kaap begin.
Binnelandse skole het vanjaar op 11 Januarie begin, terwyl kusskole ’n week later – op 18 Januarie – begin het.
Vanaf 2024 eindig alle streke egter op dieselfde tyd, met die skoolkwartale wat van kwartaal twee af gelyk loop.
Kusstreke maak die “verlore week” op deur kwartaal een ’n week later te beëindig.
Die onderwysdepartement beplan egter dat skole in alle streke in 2024 sowel tot 2026 gelyktydig begin en eindig.
Die nuwe skoolkalender vir 2025 dui aan alle skole begin op 15 Januarie 2025 en sluit op 10 Desember 2025 vir die jaar.
Die kalender voorsien 199 skooldae, 27 skoolvakansiedae, en 10 openbare en spesiale vakansiedae gedurende die vier skoolkwartale.
Korter skoolvakansies word in hierdie kalender voorgestel.
Die 2024-skoolkalender vir openbare skole begin op 17 Januarie 2024 en eindig op 13 Desember, en lewer 203 skooldae – vier dae meer as in 2022 en 2023.
Om hiérdie kalender te bewerkstellig, is die 2025-kalender só gestruktureer dat die skoolkwartale nie deur soveel openbare vakansiedae onderbreek word nie.
Die voorgestelde kwartale van 2024:. Kwartaal een: 17 Januarie tot 20 Maart. Kwartaal twee: 3 April tot 14 Junie. Kwartaal drie: 9 Julie tot 20 September. Kwartaal vier: 1 Oktober tot 13 Desember
Skriftelike kommentaar op hierdie aanbeveling kan gestuur word aan Mlambo.S@dbe.gov.za, en Manaka.L@dbe.gov.za van die departement van basiese onderwys.


